放大镜
搜索加载器

Deon Meyer 
Ridders van die grondpad 
‘n Gids vir avontuur-motorfietse

支持
Adobe DRM
的封面 Deon Meyer: Ridders van die grondpad (ePUB)
Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: ‘n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of ‘n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook ‘n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op ‘n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om ‘n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

– Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer
– Aangrypende landskapsfotografie
– Kleurvolle kaarte illustreer elke roete
– Gids met praktiese wenke vir grondpadry
€14.99
支付方式

关于作者

Adriaan Oosthuizen is ‘n Kaapse fotograaf wat al talle kere vir sy werk in mode-, kos-, dekor-, kuns- en natuurfotografie bekroon is. Sy opdragte neem hom regoor die wêreld en sy foto’s het al in onder meer die New York Times en L’equipe verskyn.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 272 ● ISBN 9780624056843 ● 文件大小 45.7 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2014 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4533999 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

480 此类电子书