放大镜
搜索加载器

Jaco Kirsten 
Nadraai 

支持
Adobe DRM
的封面 Jaco Kirsten: Nadraai (ePUB)
Op die oog af beskik die aantreklike, twee-en-vyftigjarige Rocco de Witt oor alles wat die lewe kan bied. Sy argitekspraktyk in Kaapstad begin opgang maak, hy is verloof aan die pragtige Duitse model Helga en hy woon in sy veelvlakkige droomhuis, daar tussen die bome in Higgovale. Maar oornag kom die besef dat jy die verlede se nawerking nooit kan ontsnap nie. Want in die Bosoorlog was Rocco ‘n formidable soldaat, verbonde aan 1 Valskermbataljon, en ná byna ‘n kwarteeu staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . Die geweld van destyds, veral dít wat gebeur het tydens die aanval op ‘n Swapo-basis, kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy welgeluksalige bestaan ontaard spoedig in ‘n nagmerrie en die spanning begin ondraaglik oplaai – tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, iewers tussen Ceres en Calvinia, op die plasie genaamd Nadraai.
€14.99
支付方式

关于作者

Jaco Kirsten het bekendheid verwerf as skrywer van die ‘Van Alle Kante’-rubriek in Die Burger en was ook joernalis by publikasies soos Weg en Top Motor, daarna redakteur van Top Bike. Sy roman Om na ‘n wit plafon te staar het in 2009 verskyn. Tans woon hy in Denver, Colorado.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 288 ● ISBN 9780624087847 ● 文件大小 1.8 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2019 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 7201899 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

708,403 此类电子书