放大镜
搜索加载器

Sidney Gilroy 
Klikbek 

支持
Adobe DRM
的封面 Sidney Gilroy: Klikbek (ePUB)
Bloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie. In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en ’n ou vriend van die polisiekommisaris, in ’n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek. Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar ’n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in ’n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit? Klikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.
€14.99
支付方式

关于作者

Sidney Gilroy is 1 Junie 1980 op Virginia gebore. Later verhuis hy saam met sy ouers na Harrismith in die Oos-Vrystaat en in 1998 matrikuleer hy aan Newcastle Hoërskool in KZN. Ná skool studeer hy aan UP en begin kort daarna ’n loopbaan as projekbestuurder in die ingenieursbedryf.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 288 ● ISBN 9780798178129 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2019 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 7127640 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

106,151 此类电子书

没结果