放大镜
搜索加载器

Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp 
Wit Wolf 
Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding

支持
Adobe DRM
的封面 Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp: Wit Wolf (ePUB)
Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense – onder wie drie kinders – sterf in dié verwoestende ontploffings en Stefaans se lewe verander onherroeplik. Hy word tot moordenaar veroordeel en vir veertig jaar tronk toe gestuur. In die gevangenis kruis sy pad met wit en swart tronkbewaarders, bendelede en medegevangenes – en dié interaksie oortuig die hardkoppige jong man om met sy slagoffers versoen te raak. Stelselmatig verander Stefaans, ‘n geharde rassis en lid van die Wit Wolwe, in iemand wat met nuwe oë na homself, sy verlede, en die mense om hom kyk. ‘n Roerende en onvergeetlike ware verhaal van versoening en hoop.
€13.99
支付方式

关于作者

Alita Steenkamp is ‘n vryskut-joernalis en skrywer wat in haar loopbaan van 20 jaar honderde artikels vir ‘n verskeidenheid publikasies geskryf het. Profiele van bekendes en reisstories is haar gunstelinggenre. Van haar kinderversies is ook in Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir Kleintjies en Kleuters opgeneem. Sy is getroud met die ondersoekende joernalis en skrywer De Wet Potgieter. Sy hou van tuinmaak, lees en om lang ente te stap. Die geselskap van haar drie hondekinders en Toffie die kat sorg dat sy nooit alleen is nie.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 272 ● ISBN 9780624088271 ● 文件大小 2.4 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2019 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 7010761 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

8,481 此类电子书