放大镜
搜索加载器

Dana Snyman 
Onder die radar 
Stories uit ons land

支持
Adobe DRM
的封面 Dana Snyman: Onder die radar (ePUB)
Dana Snyman is een van Suid-Afrika se mees geliefde en geleesde skrywers. In dié bundel skryf hy weer met sy kenmerkende humor en patos oor die lewens van gewone mense, mense wat onder die radar leef, ly en liefhet. Die boek is in drie afdelings verdeel: Stanings, Oordenkinge en Reise.
€12.99
支付方式

关于作者

Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Sy pa, oom Coenie, was ‘n predikant – een van daardie predikante wat elke vier jaar ‘n beroep na nog ‘n klein, afgeleë dorpie aanvaar het. Hy skryf op die ou end matriek op die destydse Nylstroom.
Ná ‘n kort, onsuksesvolle universiteitsloopbaan, werk hy onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur, en boekwinkelklerk. Met die genade van Bo beland hy in die joernalistiek. Hy werk eers as misdaadverslaggewer by Beeld, daarna skryf hy vir Huisgenoot oor enigiets van bomontploffings tot die wêreldkettieskiet-kampioenskappe.Van 2004 tot 2008 was hy die reistydskrif Weg! se reisskrywer.
Vandag skryf Dana voltyds. Sy rubrieke en stories verskyn in Die Burger, Beeld, By en talle tydskrifte. Sy boeke sluit in Uit die binneland, Anderkant die scrap, Op die agterpaaie, Op die toneel en Hiervandaan. Op die agterpaaie het ook in Engels verskyn as On the Back Roads en Hiervandaan as The Long Way Home. Anderkant die scrap is ook as luisterboek beskikbaar. Vir sy skryfwerk het Dana reeds talle Mondi- en Pica-toekennings ontvang.
Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai saam met Jerry, Kleintjie en Vlooi, sy getroue township-special honde.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 288 ● ISBN 9780624062288 ● 文件大小 2.1 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4534308 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

4,946 此类电子书