放大镜
搜索加载器

Erns Grundling 
Elders 

支持
Adobe DRM
的封面 Erns Grundling: Elders (ePUB)
In Mei 2015 reis Weg-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog in Spanje, op sy eie te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe self. Hy klim ook op die vliegtuig met ’n dringende Weg-artikel wat eers móét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val. Elders vertel die verhaal van Erns se staptog van een duisend vyf en twintig kilometer oor veertig dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef. Hy raak meer as een keer verlief, loop sy doppelgänger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie. Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ’n storie om te vertel.
€13.99
支付方式

关于作者

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by Lit Net, Insig en Huisgenoot gewerk. Hy is oorspronklik van Port Elizabeth en woon in Kaapstad, wanneer hy nie iewers op die lang grondpad ry vir Weg! nie.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 336 ● ISBN 9780795801365 ● 文件大小 2.4 MB ● 出版者 Queillerie ● 发布时间 2017 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5205481 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

4,946 此类电子书